Insektopedie – Die geheime wêreld van Suider-Afrikaanse insekte

Erik Holm

EPUB
ca. 12,74

Penguin Random House South Africa img Link Publisher

Sachbuch / Lexika, Enzyklopädien

Beschreibung

Insektopedie lê die betowering en ryke verskeidenheid van die wêreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. ’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjies speel om die fyn balans van lewe op ons planeet in stand te hou. Die boek sluit af met ’n 60-bladsy geïllustreerde veldgids wat die meeste insekordes en hul belangrikste families beskryf. Voorheen as Inseklopedie van Suider-Afrika gepubliseer, maar die nuwe uitgawe is nou grondig hersien en herontwerp, met die nuutste inligting, ’n uitgebreide ID-seksie en ’n paar honderd nuwe foto’s. Verkoopspunte: meer as 700 foto’s, talle van insekgedrag wat selde afgeneem word, maklik verstaanbare teks, en ’n reeks kassies met treffende inligting en wetenswaardighede wat sprankel verleen, ’n ID-seksie wat foto’s en lyntekeninge insluit, die skrywer is baie bekend vir sy radiopraatjies oor insekte.

Kundenbewertungen