Studiegids: Thomas@aqua.net
Samestelling
* Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.
Beschreibung
Thomas en sy vriende is baie gewild in klaskamers van graad 4 tot graad 9. Dit word gelees in Huistaalklasse en in Addisioneletaalklasse. Ons het dus ’n gids probeer saamstel wat so breed as moontlik van waarde sal wees. In dié gids is daar dus verwysings na die kurrikula van Afrikaans as Eerste Addisionele Taal en na Afrikaans as Huistaal. Elkeen van die hoofstukke word apart ontleed, maar daar is ook ’n aantal algemene vrae, gebaseer op die kurrikulum, om die leerders te help om die novelle beter te verstaan. ’n Aantal taalspeletjies maak die lees van die boek nog lekkerder. Die gedetailleerde vrae oor elke hoofstuk bevat almal modelantwoorde. Enkele van die vrae wat die leerders help om hulleself te oriënteer is egter “oop” en by dié vrae word antwoorde dus nie voorgestel nie.